SA in OC

Fotoblad (onlangs)

Vertel my meer...

Wat's nuut

Kontak Inligting

Links

Fotoblad (Argief)

Gasteboek

Baba-blad

.

Vertel my meer...
SAinOC is vir Suid Afrikaners wat 'n begeerte het om te kuier rondom die Woord van God.


Waaroor gaan SAinOC?
Vra vir enige Suid Afrikaner: "Wat mis jy die meeste van Suid Afrika?"
Die kanse is baie goed dat jy gaan hoor: "die MENSE - my tipe MENSE"!
Baie Suid Afrikaners mis die sosiale strukture wat hulle in SA gehad het. Dis nou ooms, tannies. broers, susters, werksvriende, kerkvriende, bure, ens.
By SAinOC gee ons nie om wat jou agtergrond is nie. Trouens, jy hoef nie eers 'n agtergrond te he nie! Hoe so?
SAinOC gaan primer oor mense wat vir mekaar lief is!!! Die res is detail.

Het jy geweet?
Daar is meer as
50 000 Suid Afrikaners
in California!


Wie neem leiding in die saak?
Die ou in die foto is Archie van der Byl.
Aan die einde van 1997 het hy en Marina VSA toe gekom vir navorsing by Fuller Seminary (in Pasadena).
Voor dit was hy vir 3 jaar op die Pastoraat van Doxa Deo-gemeente (Pretoria). In die einste Pta was hy 'n Tukkie vir 7 jaar (BA en BD) waarvan hy die laaste 2 jaar op die studenteraad gedien het.
Sy beter helfte, Marina, is 'n gekwalifiseerde onderwyseres met 4 jaar se skoolhou ondervinding. Sy verwag tans hulle eersteling.

Vir meer informasie kontak Archie van der Byl
1204 Lyndon St
South Pasadena
CA,91030
Tel (626) 403-4122


Email: archie@fuller.edu

http://sainoc.faithweb.com